Wanneer LEKKER BITTER word

Deel 4 van 4

“He who has a strong enough WHY can bear almost any HOW” –Friedrich Nietzhe

“First you choose your love and then you must love your choice!” –DL Moody

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Ware liefde is die soort liefde waarna elkeen van ons smag. Ware liefde is ‘n liefde wat emosie en rede kombineer. Daarom kan ware liefde eers begin wanneer die “verlief” stadium van ‘n verhouding agter die rug is. Dit wil nie sê dat ware liefde emosieloos is nie. Die verskil is egter dat my emosies bepaal nie my optrede nie, inteendeel my optrede bepaal my emosies. God het ons aanmekaar gesit vir ware liefde en ware liefde word gemeet aan wat ek gee en nie wat ek ontvang nie. Wanneer ek liefde gee word ek meer gelukkig. Die wese van ware liefde is: “Om te gee sonder om terug te ontvang”. Ware liefde neem tyd om te ontwikkel, daarom vra die skrywer van Hooglied 3:5 “Moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie”.

Ware liefde is ook:

  1. ‘n Aksie van jou wil-“Love is not a feeling, it is an act of your will”-Don Francisco
    1. Selfdissipline en selfvernedering.
    1. Om die ander person se belange op die hart te dra.
    1. ‘n liefde wat nie net aan jouself dink nie, maar ook ‘n ander die beste gun.
    1. ‘n Soeke na maniere om goed aan ander te doen.
  1. Wat beteken die begrip: “Ware liefde” vir jou?   
  2. Wat Beteken dit: “Om die ander hoër te ag”?
  3. Hoekom moet liefde tyd gegee word?
  4. Hoekom is ware liefde GEE? 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hierdie week:

Dink aan hoe God ware liefde aan jou toon. Hoe kan jy in hierdie week dieselfde doen aan jou huweliksmaat?