Deel 2:
Jou Identiteit bepaal WIE jy is, hoe jy jouself SIEN, en hoe jy in die wêreld OPTREE. Dit was ‘n voortdurende proses wat jou GEVORM het in wie jy is vandag.
Konneksiegroep:
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Indien jy een woord kan gebruik om jouself te beskryf, wat sal hierdie woord wees? Deel hierdie woord met die groep.
b) Hoekom maak afbrekende woorde wat mense oor jou spreek so seer, seerder as enige fisiese mishandeling wat aan jou gedoen kan word?
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Matt 4:3 (83)
Die VERSOEKER (aanklaer) het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die SEUN van God is (identiteit), sê hierdie klippe moet brood word.”
Matt 4:4 (83)
Maar Hy antwoord: “Daar staan GESKRYWE: “’n Mens (identitieit) leef nie net van brood (menslike behoefte) nie maar van elke WOORD wat uit die MOND van God kom”.
Heb 4:12 (53)
Want die woord van God is LEWEND en KRAGTIG en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van SIEL en GEES en … en is ‘n beoordelaar van die … gedagtes van die hart (jou identitieit).
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Woorde is vir God baie belangrik. God het hemel en aarde met die spreek van ‘n woord gemaak. God het wel die mens met Sy eie hande gevorm en gemaak, maar hy gee die mens ‘n naam. Hy noem hom ADAM. God blaas Sy Gees in die mens en noem die mens ‘n “lewende gees”.
Die duiwel weet hoeveel krag daar in woorde is en daarom is woorde vir hom ook belangrik. God spreek opbouende, vormende woorde, maar die vyand gebruik afbrekende woorde. Hy laat ook toe dat ander hierdie woorde oor jou spreek. Die hartseerste is dat ons baie keer self afbrekende woorde oor ons uitspreek.
Woorde gee lewe en opbouende, vormende woorde oor tyd gee jou, jou Identiteit. Wie jy is en hoe jy jouself sien kom van die woorde wat jyself en ander oor jou spreek. Daarom is dit so belangrik om gedurig God se woorde te hoor. Dit is lewensbelangrik om na God se woorde oor en van jou te luister. Hierdie woorde is opbouende, vormende woorde wat jou lewe gee.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Worship/Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.