Alles gebeur op ’n bepaalde TYD. Alles in die lewe is vooraf bepaal …

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.
Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.
Verwelkom elke groepslid
Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Hoe “koop” ‘n mens die tyd uit?
Hoekom moet ons “die tyd uitkoop”?
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees: Kerntekse vir vandag
Alles gebeur op ’n bepaalde TYD. Alles in die lewe is vooraf bepaal …
Wandel in wysheid … en koop die tyd uit.
Leer ons (om) ons dae (tyd) só (te)gebruik dat ons wysheid kan bekom.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Tyd word aan ons geleen. Ons het “net soveel tyd”. Niemand kry minder of meer tyd nie. Ons moet die “beste maak” van die tyd wat ons beskikbaar het. Ons ken almal hierdie frases oor tyd. Tog vergeet ons dat hierdie nie net frases is nie maar dat dit realiteit is.
Ons tyd hier op aarde is beperk. Wat ons met hierdie beperkte tyd doen bepaal ook ons Identiteit.
Ons besluit elke dag of ons kwantiteit of kwaliteit aan die mense en aan God gaan spandeer. Iemand het een keer gesê dat ons lewens so besig is dat ons nie kwantiteit beskikbaar het nie, daarom moet elke sekonde wat ons met iemand spandeer kwaliteit wees.
Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:
Hoekom is ons Identiteit aan TYD gekoppel?
Hoe kan ons, ons TYD beter bestuur?
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
Liefde vir God, Liefde vir Mense As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Maak tyd hierdie week om met jou “naby” mense te spandeer.
Spandeer meer tyd hierdie week in God se teenwoordigheid?