In die betoning van Gees en Krag(3)

In Die Betoning Van Gees En Krag-Deel 3

29 Mei – 4 Junie 2022

Pastoor Renaldo Barnard

 

Kernteks: l Kor 2:4 … en my rede en my PREDIKING was nie in oorredende woorde van MENSLIKE (krag) wysheid nie, maar in …

 

Welkom

 

Woord

 

  1. Gebed: Open met gebed. 

 

  1. Lees: 

 

  • 1 Kor 2:4 

En my rede en my PREDIKING was nie in oorredende woorde van MENSLIKE (krag) wysheid nie, maar in …

 

  • 1 Kor 2:4

… maar in die betoning van GEES en KRAG.

 

  • 1 Kor 2:5

Sodat julle GELOOF nie in wysheid van MENSE sou bestaan nie, maar… 

 

  • 1 Kor 2:5

… maar in die KRAG van God.

 

  • Luk 10:19

Kyk, Ek GEE aan julle die MAG om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en NIKS sal julle ooit SKADE doen nie. 

 

  • Jer 2:11

… my volk het sy HEERLIKHEID verruil vir wat geen VOORDEEL bring nie. 

 

  • Jer 2:13

… twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van LEWENDE water, het hulle VERLAAT om vir hulle reënbakke uit te kap, GEBARSTE reenbakke wat GEEN water hou nie. 

 

  • Ef 5:17

Daarom moet julle nie ONVERSTANDIG wees nie, maar VERSTAAN wat die wil van die Here is. 

  • Ef 5:18

Moenie DRONK word van wyn nie…maar word met die GEES vervul. 

 

  • Ef 5:19

En SING onder mekaar psalms, LOFGESANGE en ander GEESTELIKE liedere; sing met julle hele HART tot eer van die Here. 

 

  • Ef 5:20

DANK God die Vader ALTYD oor ALLES in die Naam van ons Here Jesus Christus. 

 

  1. Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard

 

  1. Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

 

  1. Hoekom is lofprysing so belangrik?

 

  1. Waarvoor kan julle as groep God dank en prys?

 

  1. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

 

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

Werke en vrae:

 

Dink aan die woorde: “In die Betoning van Gees en Krag”.

1. Maak hierdie week tyd vir lof en aanbidding. Luister lof en aanbidding musiek terwyl jy ry of kosmaak. Spandeer ook ‘n paar minute elke dag in lofprysing en aanbidding.

  1. Dink aan maniere om vir God die Vader te bedank vir die uitstorting van die Heilige Gees?