Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Weeklikse Gesprekke  /  Jesus was my voete

Jesus was my voeteDeel 3

Joh 13:9 (NLV)

… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my voete nie, maar ook my hande en kop.”

Jesus was my voete

Konneksiegroep:

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.

Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.

Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

1

Welkom

Verwelkom

Verwelkom elke groepslid

Ysbreker

Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a

Wie se voete sal jy met ‘n swaar hart was en hoekom?

b

Wie se voete sal jy met blydskap was en Hoekom?

2

Woord

Gebed

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: Kerntekse vir vandag

Joh 13:7 NLV

Jesus antwoord hom: “Wat Ek besig is om te doen, verstaan jy nie nou nie, maar wanneer alles verby is, sal jy dit verstaan.”

Joh 13:9 NLV

… Petrus vra Jesus …: “Here, (was) dan nie net my voete nie, maar ook my hande en kop.”

Lev 8:23 (83)

… Moses het …van die bloed aan Aäron se regteroorlel (kop), sy regterduim (hande) en regtergroottoon (voete) gesmeer.

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Gesels saam

Die was van voete was ‘n belangrike gebruik in die Antieke Tyd. Gewoonlik wanneer jy gaste oorgenooi het vir ete sou jy ‘n dienskneg gevra het om jou gaste se voete te was. Jesus het vir die dissipels gevra om alles te reel vir hulle laaste maal saam. In die fynste detail het Jesus die dissipels opdrag gegee hoe om alles reg te kry. Hy het hulle egter nie gevra om iemand te reel om voete te was nie.

Toe Petrus verstaan wat Jesus uitbeeld deur die dissipels se voete te was, vra hy Jesus om ook sy hande en ook sy kop te was. Jesus verduidelik vir Petrus dat Hy op hierdie stadium net eers die dissipels se voete was. Jesus weet dat ons ook ‘n reiniging van ons hande en kop nodig het. Hierdie reiniging word reeds deur die Vader gedoen wanneer ons ons lewe vir Hom gee. Die Vader is daagliks besig met hierdie reinigingsproses.

Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:

a

Wat beteken dit as jou kop en hande gewas is?

b

Hoe kan kry ons ons kop en hande gewas?

Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Aanbidding
3

Werke en vrae

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep

As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.

Gesels met God oor jou eie voete wat gewas moet word.

Wie se voete kan jy was in hierdie week?