Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Weeklikse Gesprekke  /  Kom Huis Toe

Kom Huis ToeDeel 5

Psalm 16:11 (83)

U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.

Kom Huis Toe

Konneksiegroep:

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.

Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.

Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

1

Welkom

Verwelkom

Verwelkom elke groepslid

Ysbreker

Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a

Het jy al in die Here geglo en dit waarvoor jy geglo het het gebeur? Vertel meer.

b

Waarvoor glo jy op die oomblik?

2

Woord

Gebed

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: Kerntekse vir vandag

Heb 3:12 (NLV)

Wees dan versigtig … Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie.

Heb 3:14 (NLV)

Want as ons enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, het ons deelgenote (erfgename) geword van alles wat aan Christus behoort.

Heb 3:15 (NLV)

… Vandag wanneer julle sy stem hoor, moet julle NIE julle harte verhard soos Israel gedoen het toe hulle gerebelleer het nie. (40 jaar in die woestyn)

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Gesels saam

Geloof kan ook ‘n tuiste wees. God nooi ons om ons huis in geloof te vestig. Ons kan ook ons huis op geloof bou. Die wyseman in die Bybel het sy huis op Christus en die geloof in Christus gebou en toe die storm van die lewe oor hom uitbreek en ‘n vloed veroorsaak het die wyseman se huis staande gebly. Hierdie verhaal is geskryf vir ons, ons moet ook ons huis op Christus en die geloof in Christus bou sodat ons huis sal staande bly ten spyte van die storms om ons.

Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:

a

Hoekom is dit belangrik om jou huis in geloof en met geloof te bou?

b

Hoe kan ons ook in Geloof en met Geloof Lewe?

Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Aanbidding
3

Werke en vrae

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep

KOM HUISTOEAs Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.

Vra God om jou help om in Hom te glo.

Vir wie moet jy hierdie week bid?