Renaldo Barnard
14-20 November 2021
KYK, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom … Jes 43:19
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Jes 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom …
- Jes 42:20 Jy het wel … gesien, maar … geen ag … gegee nie … ore oop … maar jy hoor nie.
- Jes 43:18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
- Gen 19:26 Lot se vrou het omgekyk en sy het in ‘n soutpilaar verander.
- Luk 17:32-33 Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het! Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou (wen).
- Open 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
- Ps 34:9 Smaak en sien dat die Here goed is …
- Open 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
- Kyk na die video deur Renaldo Barnard
- Gesels: As Connect Groep
- Wat is die “Nuwe Ding” wat God vir julle Connect Groep wil doen?
- Hoe dink julle word ‘n mens weer dankbaar?
- Waarna moet julle in DANKBAARHEID TERUGKYK?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Dink aan die woord: “DANKBAARHEID”
- Vra jouself hierdie vraag: “Lewe ek regtig in dankbaarheid?”
- Hoe word ek weer dankbaar?
- Hoe kan jy jou dankbaarheid uitspreek?