KYK en SIEN – Week 1

KYK en SIEN – Week 1

Renaldo Barnard

7-13 November 2021

KYK, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom … Jes 43:19

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 
  1. Lees:   
  • Jes 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom …
  • Jes 43:19b … Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
  • Jes 42:20 Jy het wel…gesien, maar … geen ag … gegee nie … ore oop … maar jy hoor nie. 
  • Jes 43:18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
  • Jes 42:22 … ‘n beroofde en geplunderde volk … hulle het ‘n buit geword … ‘n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug! 
  • Jes 42:7 Om blinde oë te open; om gevangenes … uit te lei … diegene wat in die duisternis sit.
  • Jes 42:16 En Ek sal … lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie…wat vir hulle onbekend is …
  • Jes 43:5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou
  • Jes 43:2 As jy deur die (Diep) water gaan, is Ek by jou … as jy deur vuur gaan, sal jy … nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie
  • Jes 43:4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet
  • Jes 42:3 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie
  1. Kyk na die video deur Renaldo Barnard
  1. Gesels: As Connect Groep
  1. Wat is die “Nuwe Ding” wat God vir julle Connect Groep wil doen?
  2. Wat dink julle is God se plan vir julle Connect Groep vir die nuwe jaar?
  3. Waarna moet julle KYK en SIEN in die volgende twee maande?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Dink aan die woorde: “KYK en SIEN”

  1. Vra jouself hierdie vraag: “Hoe KYK ek na my toekoms?” 
  2. SIEN ek regtig ‘n toekoms?
  3. Hoe kan ek in GELOOF VORENTOE KYK en ‘n hoopvolle toekoms SIEN?