Lig Oorwin – Deel 1
21 Mei 2023
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
• Gebed: Open met gebed.
• Lees:
• Matt 5:14,16 (53)
JULLE is die LIG van die WÊRELD. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie WEGGESTEEK word nie … Laat julle lig só SKYN voor die mense.
• Matt 4:16 (53)
Die volk wat in DUISTERNIS sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n LIG OPGEGAAN.
• Miga 7:8 (NLV)
My VYANDE, julle moenie julle oor my VERLEKKER nie! Ek het geval, maar ek sal weer OPSTAAN. Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n LIG vir my.
• Joh 1:5 (53)
En die lig SKYN in die DUISTERNIS, en die duisternis het dit nie OORWELDIG nie.
• Efe 6:14,13(53)
STAAN dan VAS, julle lendene met die WAARHEID omgord … sodat julle WEERSTAND kan bied in die dag van onheil …
• Efe 6:12 (53)
Want ons WORSTELSTRYD is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
• Kol 2:14-15 (53)
… wat … ons VYANDIG was, uitgedelg en weggeruim … deur … die KRUIS … Hy (Jesus) die owerhede en magte UITGEKLEE en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle GETRIOMFEER …
• Matt 16:18 (NLV)
… Op hierdie ROTS sal Ek my kerk OPRIG, en al die MAGTE van die doderyk sal dit nie OORWIN nie.
• Efe 4:16 (53)
Uit wie die hele LIGGAAM … deur die ONDERSTEUNING wat elke lid gee … die GROEI van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
• Matt 28:19 (53)
GAAN dan heen, MAAK dissipels van al die nasies, en DOOP hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en LEER hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
• Gesels oor die Matt 28:19
• Hoe Oorwin Lig?
• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Lig Oorwin”.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan areas in jou lewe waar jy nodig het dat God se Lig oorwinning bring.
2. Vra die Vader om jou te help om Sy lig te skyn op jou lewe.