Loof die Here

Loof die Here

Morne Kruger

5-11 Desember 2021

“Kom loof die Here, want Hy is vir ons goed. Kom sing liedere om Hom groot te maak. Dit is lekker om hardop oor Hom te praat.” Psalms 135:3

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 
  1. Lees:   
  • Ps 137:1-4 Ver van die huis af het ons gesit, eensaam by ’n rivier in Babilon. Daar was ons slawe in die vreemde. Ons het gehuil. Sonder ’n land en ons eie plek om die Here te aanbid het ons gehuil as ons aan die huis terugdink. Ons wou nie meer sing en musiek maak nie. Die mense wat ons gevang en so sleg behandel het, het ons gespot. Hulle wou hê ons moet vrolik sing en bly wees, maar ons kon nie. Hulle het geëis: “Sing ’n lied oor die Here se woonplek in Jerusalem!” Hoe kan ons liedere sing wat al die ou herinnerings terugbring? Dit is net nie dieselfde om die Here hier te loof nie. Ons is te ver van die plek af waar ons Hom altyd gedien en aanbid het.
  • Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong …
  • Fil 4:4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
  • Ps 96:1 Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied; sing voor die Here
  • Ps 34:2 Ek wil die Here altyd loof,sy lof sal altyddeur in my mond wees.
  • Ps 59:17 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ‘n rotsvesting vir my en ‘n toevlug in die dag toe ek benoud was.
  • Ps 95:1 Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons Heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig.
  • Ps 40:2 … Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor.
  • Ps 40:4 En Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God …
  1. Kyk: Kyk na die video deur Morne Kruger
  1. Gesels: As Connect Groep
  1. Waarvoor of waaroor kan julle God loof en prys? 
  2. Hoe het God julle bewaar in die jaar wat verby is?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Loof die Here!”

  • Hoe kan ek in my huidige omstandighede die Here loof?
  • Wat gebeur met my wanneer ek aanhoudend die Here loof?