Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30
Kernteks

Psalms 29 (DB)– Die stem van die Here in die Storm – Deur Dawid

Konneksiegroep:

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.

Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.

Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

1

Welkom

Verwelkom

Verwelkom elke groepslid

Ysbreker

Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a

Hoe kan ons God se stem in ‘n storm hoor?

b

Hoe kan ons God se stem in die stilte hoor?

2

Woord

Gebed

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: Kerntekse vir vandag

Kernteks

Psalms 29 (DB)– Die stem van die Here in die Storm – Deur Dawid

Kernteks

Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is.

Kernteks

Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag en maak Hom groot.

Kernteks

Vertel vir almal hoe belangrik Hy is.

Kernteks

Val dan self in aanbidding neer in sy oorweldigende teenwoordigheid.

Kernteks

’n Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God

Kernteks

bo die geruis van die magtige see.

Kernteks

Sy stem is soos die donder wat daar slaan. Hy heers oor alle magte.

Kernteks

As Hy praat, gebeur dit net so … Wie kan dan teëpraat?

Kernteks

Dis die Koning wat daar praat!

Kernteks

As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;

Kernteks

ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.

Kernteks

As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan. 8Sy stem laat die verste woestyne bewe.

Kernteks

As Hy praat, skud die groot bome. Sy stem stroop die bosse kaal.

Kernteks

In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ’n mens net uitroep:

Kernteks

“Alle eer behoort aan God alleen!”

Kernteks

Die Here regeer oor die geruis van die magtige see, want Hy is koning oor alles.

Kernteks

Dit is hierdie Here wat sy volk sterk maak.

Kernteks

Dit is hierdie Here wat sy volk omvou met alles wat nodig is.

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Gesels saam

God wil met ons praat. In Psalm 29 sien ons dat God selfs tydens die storms in die lewe met ons wil praat. Hy praat veral met ons tydens storms. Die probleem is nie dat God nie praat nie, dit is dat ons nie luister nie. Ons ore is toe vir Sy stem in ons lewens. In hierdie volgende paar weke wil ons gesels oor hoe om te luister na God se stem en hoe om Sy stem meer te hoor in ons lewens. Die volgende is baie belangrik om te weet:

God Spreek – Gen 1: God praat en wat Hy sê gebeur. Laat toe dat Hy met jou praat.

Luister Israel – Deut 6:4: Ons moet leer om te luister na God se stem.

Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie): Maak luister deel van jou dag.

Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister vandag.

Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:

a

Hoe kan ons luister ons “missio DEI” (Heilige Missie) elke dag maak?

b

Wat kan ons doen om God se stem beter te kan hoor?

Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Aanbidding
3

Werke en vrae

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep

Onbeperk 24 – Binnekamer. As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.

Wat wil die Here vir jou sê?

Wat kan jy hierdie week doen om meer na God te luister?