Pastoor Renaldo Barnard

Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/

Woord

• Gebed: Open met gebed. 

• Lees: 

• Luk 9:1
En Hy het sy twaalf dissipels SAAMGEROEP en aan hulle MAG en GESAG gegee …

• Jak 4:7
ONDERWERP julle dan aan God; WEERSTAAN die DUIWEL, en hy sal van julle WEGVLUG. 

• Mag Onderwerp, Gesag Weerstaan

• 1 Joh 3:8
… Vir HIERDIE DOEL het die Seun van God verskyn, om die WERKE van die duiwel te VERBREEK. 

• Open 12:11
En hulle het hom (Satan) OORWIN deur die BLOED van die Lam en deur die WOORD van hulle getuienis …

• Luk 10:19
Kyk, EK GEE aan julle die MAG … oor al die KRAG van die VYAND …

• Matt 8:28
… (Jesus) … het twee duiwelbesetenes … ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het en BAIE kwaai was, sodat NIEMAND met daardie pad kon VERBYGAAN nie. 

• Luk 8:28-29
En toe hy Jesus SIEN, SKREEU hy uit en VAL voor Hom neer en sê met ‘n groot stem … Ek bid U, moet my NIE PYNIG nie … want Hy het aan die onreine gees BEVEL gegee om UIT die man uit te GAAN.

• Matt 18:18
Ek sê vir julle, ALLES wat julle op die aarde BIND, sal in die hemel GEBONDE wees; en alles wat julle op die aarde ONTBIND, sal in die hemel ONTBONDE wees.

• Mark 11:23
… ELKEEN wat vir hierdie berg SÊ: Hef jou op en werp jou in die see (BEVEL GEE)…en nie in sy hart twyfel nie, maar GLO dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal VERKRY net wat hy sê. 

• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard

• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

• Gesels oor die volgende stelling: “Mag Onderwerp, Gesag Weerstaan.”

• Hoe leef ek daagliks met Mag en Gesag?

• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Mag en Gesag”.

1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid. Vra die Here om jou te lei in hierdie week.
2. Waar moet jy hierdie week jou “Mag en Gesag” gebruik?