13-19 November 2022
Pastoor Morne Kruger
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Heb 12:1
… en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê …
- Heb12:2
… die oog gevestig op Jesus …
- Matt 6:25-34
- 2 Kor 4:18
Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
- 2 Kor 5:7
Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
- Heb 11:1
Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
- Heb 11:7
Deur die geloof het Noag …
- Heb 11:8
Deur die geloof het Abraham …
- Heb 11:29
Deur die geloof het Moses …
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Morne Kruger
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Gesels in julle groep oor situasies wat jy of jou familie deur geloof oorkom het.
- Hoekom is dit belangrik om deur die geloof situasies te oorkom?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Môre behoort aan God”.
1. Wat dink jy verhoed jou om aan te hou glo in God en Sy voorsiening?
2. Vra God om jou gerus te maak oor die dag van môre.