Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.” (53) … maar ek en my huis, ons sal die Here dien.

Toe sy ouers Hom sien, het hulle nie geweet wat om daarvan te dink nie. “Kind,” het sy ma vir Hom gesê, “waarom het jy so met ons gemaak? Ek en jou pa het rasend van bekommernis na jou gesoek!”

‘n Gelukkige gesinslewe kom nie vanself nie. ’n Mens moet hard daarvoor werk. Dit is soos ’n huis wat jy bou. Alles moet netjies beplan word. Baie dinkwerk is nodig om dit ’n lekker plek te maak… 

1. Harde werk

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 

En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie want sy fondament was op die rots.

2. Beplanning

As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs …

3. Dink Werk (Kennis)

Want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand.

Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.

Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.

Vir die pa’s wil ek dit sê: moenie julle kinders so behandel dat hulle nie meer na julle wil luister en rebels raak nie. Maak hulle liewer groot soos die Here van julle verwag. Leer hulle wat om te doen en help hulle op die regte pad, al moet julle soms streng optree.

… Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan.

  1. Gesels oor:

Spr 24:3-4 (DB) 

‘n Gelukkige gesinslewe kom nie vanself nie. ’n Mens moet hard daarvoor werk. Dit is soos ’n huis wat jy bou. Alles moet netjies beplan word. Baie dinkwerk is nodig om dit ’n lekker plek te maak… 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “My Huis, Sy Reëls”.


1. Maak tyd hierdie week en dink aan plekke/areas in jou lewe waar jy nodig het dat God met jou moet praat.

2. Vra die Vader om jou te help om ook met jou familie, wanneer julle julleself in hierdie areas bevind, te gesels.