Welkom

Woord

  • Gebed: Open met gebed. 
  • Lees: 

• Jos 24:15 (DB)
… Wat my en my GESIN betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons GAAN die HERE DIEN.

• Jos 24:15a (DB)
As julle nie BEREID is om die Here VOLUIT te dien nie, BESLUIT dan hier en nou wie julle wil dien … 

• Matt 19:5 (NLV) 
… Daarom sal ’n man sy pa en ma AGTERLAAT en hom by sy vrou voeg. So sal hulle tot een liggaam VERENIG word.

• Matt 19:6 (NLV) 
Hulle is dus nie meer twee nie, maar EEN LIGGAAM. Wat God so SAAMGEVOEG het, mag ’n mens nie UITMEKAARSKEUR nie.

• 1 Pet 5:8 (NLV) 
Wees VERSIGTIG! Pas op vir die duiwel se AANVALLE. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te VERSLIND.

• 1 Sam 17:34-35 (NLV) 
Maar Dawid het VOLGEHOU … As ’n leeu of ’n beer kom om … weg te dra … Ek VAL hom AAN en … gryp … hom aan sy baard en slaan hom dood. 

• 1 Sam 17:45-46 (NLV) 
… ek kom na jou toe in die NAAM van die HERE, die Almagtige, die God van die magte … VANDAG gee die Here jou oor in MY mag.

• Luk 10:19 (53)
… Kyk, Ek gee aan julle die MAG om op slange en skerpioene te trap, en oor al die KRAG van die VYAND; en NIKS sal julle ooit skade doen nie. 

• 2 Kon 13:18 (NLV) 
VAT nou die … pyle en SLAAN teen die grond … Die KONING het hulle opgetel, drie keer GESLAAN en toe OPGEHOU.

• 2 Kon 13:19 (NLV) 
Maar die man van God het baie KWAAD geword vir hom. “Jy moes vyf of ses keer GESLAAN het!” roep hy uit. “Dan sou jy Aram … heeltemal VERWOES het.

• 1 Sam 16:13 (83)
… Samuel het die horing met OLIE GEVAT en hom voor sy broers GESALF. Die GEES van die Here het van daardie dag af KRAGTIG in Dawid gewerk.

• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard

• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

1. Gesels oor die rol wat jou Pa in jou lewe gespeel het.

2. Hoe beïnvloed ons seining van ons Aardse Pa ons seining van ons Hemelse Pa?

3. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “My Huis, Sy Reëls”.

1. Maak tyd hierdie week en dink aan plekke/areas in jou lewe waar jy God as Vader nodig het.
2. Vra die Vader om homself aan jou te openbaar in hierdie week.