...

Nuwe Hart-Gee om vir Ander  

Deur vir ander om te gee, ervaar ek God se liefde en omgee vir my.

 

Welkom

Nadat almal lekker koffie gedrink en gesels het;

  • Verwelkom almal
  • Gebruik ‘n toepaslike ysbreker

 

Woord

  • Gebed:  Open met gebed.
  • Lees:

Fil. 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. (sake, emosies, gevoelens)

Matt. 20:28 … die Seun (Jesus) van die mens het nie gekom  om gedien te word nie, maar om te dien …

1.Gesels: Gesels oor  maniere hoe om vir mekaar en die mense om jou  om te gee.

Jes. 61:3 Vir hulle wat in Sion sit en treur, gee Hy feesklere in ruil vir begrafnisklere. Hulle sal ophou treur en baie bly word. Hulle moedeloosheid sal plek maak vir vrolikheid.

In Jes. 61:3 (Amplified Bible) lees ons van ‘n “… garment of praise …” en ‘n “… disheartened spirit …” 

God sê Hy sal ons hartseer in blydskap verander. Hierdie verandering vind gewoonlik nie plaas in isolasie nie. Dit gebeur gewoonlik nie net vanself nie. God stuur altyd iemand om te help. God stuur iemand met raad en met insig.  Iemand wat luister.  Blydskap kom gewoonlik wanneer my omstandighede verander of beter word, my omstandighede word beter as gevolg van mense wat God op my pad stuur wat vir my omgee, my bedien met raad of wat net na my luister. Daarom sê:

Gal. 6:2  Dra mekaar se laste …

  • Om te bid vir iemand is “dra”
  • Om te gee vir iemand is “dra”
  • Om te luister na iemand is “dra”

Worship-Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

1 Pet. 4:9 As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met ’n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom. 

Hoe kan elke lid van die groep vir mekaar omgee en hoe kan elke lid van die groep omgee vir iemand anders buite die groep? Dink aan maniere hoe julle as groep vir mense om julle kan omgee?

Seraphinite AcceleratorOptimized by Seraphinite Accelerator
Turns on site high speed to be attractive for people and search engines.