Ware Liefde – Deel 1

Pastoor Renaldo Barnard

 

“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)

Welkom

 

Woord

 

  1. Gebed: Open met gebed. 

 

  1. Lees: 

 

  • Rom 12:9 (83)

Die LIEFDE moet opreg (ONBEPERK) wees. VERAFSKU (haat) wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

 

  • Ware liefde in Families is vir God baie belangrik. Families kan biologies wees, maar daar kan ook hegte “Families” ontstaan in ‘n Geloofsgemeenskap. Jesus sê, terwyl Hy oppad is om te gaan sterf, vir sy Fisiese ma: “Kyk vrou hier is jou seun.” En Hy sê vir Johannes, sy beste vriend: “Kyk seun hier is jou ma.” ‘n Konneksiegroep kan ook ‘n hegte “Familie” word. Hierdie jaar wil ons as Gemeente ervaar hoe daar Ware Liefde in families en in Konneksiegroep ontstaan.

 

 

 

  1. Kyk: Kyk weer na die preek: “Ware Liefde” deur Pastoor Renaldo Barnard op Woord en Lewe se Youtube bladsy.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

  • Lees as groep:

 

  • Rom 12:9 (83)

Die LIEFDE moet opreg (ONBEPERK) wees. VERAFSKU (haat) wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

 

  1. Gesels oor wat hierdie teks vir elkeen beteken:
    1. Hoekom moet liefde opreg wees?
    2. Hoe kan julle as Konneksiegroep Opregte (Onbeperkte) liefde aan mekaar bewys?
    3. Hoe kan ‘n mens vashou aan die goeie?

 

  1. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

 

 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

 

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

Werke en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Ware Liefde.


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

Gebruik die woorde: “WARE LIEFDE” as jou vertrek punt.

  1. Hoe kan jy hierdie week ware liefde vir jou fisiese familie en jou Konneksiegroep-familie betoon?
  2. Gesels met die Here oor die feit dat Hy so lief is vir jou. Sy liefde vir jou is eg. Ervaar Sy liefde. Sy vir Hom hoe lief jy vir Hom is.