21-27 Augustus 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Want alles wat uit God gebore is, OORWIN (oorkom) die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons GELOOF … hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

… Maar hy wat uit God gebore is, BEWAAR homself, en die Bose het geen vat op hom nie. 

Gee aan ons dat ons mag sit in u HEERLIKHEID, een aan u regter– en een aan u linkerhand. 

Maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit BEREI is. 

… Die wat GEREKEN word as…groot manne (Wereld).

Maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle DIENAAR wees. 

En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se DIENSKNEG wees. 

… nie gekom om gedien te word nie, maar om te DIEN en sy LEWE te gee

Daarom het God Hom ook uitermate VERHOOG

…So spreek die Here: Laat my volk trek, dat hulle My kan DIEN

Geen huiskneg kan twee here dien nie … Julle kan nie GOD én MAMMON dien nie

GELUKKIG is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier BESIG sal vind. 

… Hy sal hom AANSTEL oor alles wat hy besit. 

  1. Jesus stel die voorbeeld en Hy gee aan ons die uitnodiging om ander te dien. Hoe kan julle as konneksiegroep mekaar DIEN?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “OORKOM JOUSELF”.

1. Wat dink jy verhoed jou om ander te DIEN? 2. Wat kan jy hierdie week doen vir andere en so hulle DIEN?