28 Augustus 3 September 2022
Pastoor Morne Kruger
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
Rom 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
1 Joh 5:4
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wèreld;en dit is die oorwinning wat die wèreld oorwin het, naamlik ons geloof.
Hab 3:18
… nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
Joh 10:10
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes …
Rom 7:18-20, 24
Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie ,maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. v24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
Rom 7.25
Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!
2 Tim 4.7
Ek het die goeie stryd gestry,ek het die wedloop voleindig;ek hey die geloof behou.
Rom 8.26
En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp … maar die Gees self tree vir ons in …
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Morne Kruger – Video
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Ons kan slegs deur ons GELOOF in Jesus, hierdie wêreld en sy sisteem OORKOM. Hoe kry ons GELOOF om te kan OORKOM?
- Hoe word ons GELOOF beoefen?
- Indien jy gemaklik is daarmee, gesels oor hoe ‘n tyd toe jou GELOOF beproef was en jy God moes vertrou om jou te help om te OORKOM.
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “OORKOM DEUR GELOOF”.
1. Wat dink jy verhoed jou om te groei in jou GELOOF?
2. Wat het jy nodig om hierdie week te OORKOM? Hoe gaan jy dit doen?