12-18 Junie 2022

Pastoor Morne Kruger

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Gaan dan heen,maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus… 

  1. Wat is die betekenis van die doop?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woord: “Doop”.

1. Hoekom het jy jou laat doop? Dink aan die dag toe jy hierdie groot besluit geneem het. Die gebeure rondom die dag.  

2. Dink aan hoe jou lewe verander het nadat jy Christus aangeneem het en jou laat doop het. 3. Indien jy nog nie gedoop is nie; Praat hierdie week met God oor die doop. Lees die verse oor die doop in die Bybel weer. Praat met iemand oor die doop. Vra God om met jou te praat oor die doop