Pinkster

Pinkster

 5-11 Junie 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 
  • Lees: 
  • Hand 2:1 (NLV)

Op PINKSTERDAG, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek SAAM. 

  • Sef 3:9 (NLV) 

Dan sal Ek die volke ’n SUIWER taal gee sodat hulle almal die Here aanroep en Hom SAAM aanbid.

  • Gen 11:6-7 

… Daar is hulle nou een volk en het almal EEN TAAL!.. nou sal NIKS vir hulle meer ONMOONTLIK wees … laat Ons neerdaal en hulle taal daar VERWAR …

  • Hand 2:4

En hulle is almal VERVUL met die Heilige Gees en het begin SPREEK in ander TALE, soos die GEES aan hulle GEGEE het om uit te spreek. 

  • 1 Kor 2:14

Maar die natuurlike MENS neem die dinge van die GEES van God nie aan nie…vir hom DWAASHEID, en hy kan dit nie VERSTAAN nie, omdat dit GEESTELIK beoordeel word. 

  • Op 22:1 (NLV)

Toe het die engel aan my die RIVIER met lewegewende WATER gewys. Dit is helder soos kristal en VLOEI vanaf die TROON van God en van die Lam. 

  • Eseg 47:9,12 

… oral waar die … STROOM kom, sal LEWE; en daar sal ‘n MENIGTE visse wees … sal … bome GROEI … die blare nie sal verdor en die VRUGTE nie sal opraak nie …

  • Eseg 47:3-5

… en hy het my deur die WATERS laat deurgaan, waters tot aan die enkels …  knieë … heupe … ‘n stroom waar ‘n mens nie deur kan LOOP nie. 

  • Joh 7:38

Hy wat in My GLO, soos die skrif sê: STROME van LEWENDE water sal uit sy BINNESTE vloei. 

  • Hand 19:2

Het julle die Heilige Gees ONTVANG toe julle GELOWIG geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens GEHOOR dat daar ‘n Heilige Gees is nie. 

  • Hand 19:6

En Paulus het hulle die HANDE opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale GESPREEK en GEPROFETEER. 

  • Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
  • Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  1. Hoekom het God Sy Heilige Gees vir ons gegee?
  • Wat is die Heilige Gees se rol in ons lewens?
  • Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woord: “Pinkster”.

1. Vra jouself af wat die woord Pinkster vir jou en jou familie beteken.

2. Dink aan maniere om vir God die Vader te bedank vir die uitstorting van die Heilige Gees?

3. Maak tyd om in jou Hemelsetaal te gesels met God hierdie week.