Potensiaal – Deel 1
2-8 April 2023
Pastoor Gerhard Dalton
Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
• Gebed: Open met gebed.
• Lees:
• Joh 12:12-13
DIE volgende dag het ‘n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom, palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
• Joh 12:24
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
• Rom 8:29 (NLV)
Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.
• Matt 21:8
En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.
• Luk 19:37
En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met ‘n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het.
• Mark 4:12
sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
• Luk 8:11 (NLV)
Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is God se boodskap. (Woord)
• Luk 8:12 (NLV)
Die saad wat op die harde pad geval het, is die mense wat die boodskap hoor, maar dan kom die duiwel en steel dit en verhoed hulle om te glo en verlos te word.
• Luk 8:13 (NLV)
Die klipperige grond is mense wat die boodskap met blydskap aanhoor. Maar soos jong plantjies in sulke grond het hulle nie diep wortels nie. Hulle glo wel vir ’n rukkie, maar hulle verlep wanneer die warm winde van beproewing waai.
• Luk 8:14 (NLV)
Die saad tussen die onkruid (dorings) is mense wat die boodskap hoor en ook aanvaar, maar tog te gou word dit verdring deur die sorge en rykdom en plesiere van hierdie lewe. En só groei hulle nooit tot volwassenheid nie.
• Luk 8:15 (NLV) “Maar die saad wat in goeie grond val, is mense met ’n goeie en opregte hart wat God se boodskap hoor, daaraan vashou en konstant ’n groot oes oplewer.” (party 30, party 60, party selfs 100 maal wat oorspronklik gesaai is)
• Jas 1:21 (AMP)
So get rid of all uncleanness and all that remains of wickedness, and with a humble spirit receive the word [of God] which is implanted [actually rooted in your heart], which is able to save your souls.
• Joh 12:24
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
• 2 Kor 4:7
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
• Joh 6:48
Ek is die brood van die lewe.
• Joh 6:54-56
Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Gerhard Dalton
• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
• Gesels oor die Luk 8:11-15.
• Hoekom is Paasnaweek so belangrik vir die Kerk?
• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woord: “Potentiaal”.
1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid. Vra die Here om jou te lei in hierdie week.
2. Dink aan Christus se potentaal binne-in jou.