Beter Saam – Deel 1

Beter Saam – Deel 1

Beter SAAM-Hoekom SAAM?

26 Junie-2 Julie 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 
  • Lees: 
  • Rom 12:5 (NLV)

Al is ons BAIE, vorm ons SAAM een liggaam omdat ons aan Christus VERBIND is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons SAAM en het ons mekaar nodig

  • Fil 2:4 (NLV)

Julle moenie net elkeen na sy eie BELANGE omsien nie, maar ook na mekaar se belange.

  • Kol 2:6

Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, WANDEL so in Hom.

  1. Dit is Veiliger
  • Gen 2:18

Ook het die Here God gesê: Dit is nie GOED dat die mens ALLEEN is nie.

  • Pred 4:10 (NLV)

As een mens VAL, kan sy vriend hom OPHELP. Maar as een val wat ALEEN is, is daar niemand om hom op te HELP nie. 

  • Pred 4:12 (NLV)

Iemand (Vyand) kan dieeen aanval, maar die twee kan WEERSTAND bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.

  • Gee en kry Ondersteuning
  • Pred 4:9 (DB)

Twee is BETER as een, want twee mense kan MEER regkry as net een. 

  • Heb 13:1 (DB)

Julle moet in liefde LOJAAL bly teenoor mekaar soos broers (familie) dit doen. 

  • Ef 4:16 (DB)

… So GROEI die liggaam en word dit STERK omdat die verskillende liggaamsdele in liefde enlojaliteit mekaar HELP

  • Gal 6:10 (DB)

Terwyl ons diekans het, moet ons dus GOEDDOEN aan alle mense, maar veral aan medegelowiges… 

  • Dit is wys
  • Spr 11:14 (NLV)

Sonder goeie LEIDING stort ’n volk in duie; dit is veilig (wys) om baie raadgewers te hê.

  • Spr 26:12 (NLV)

Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat DINK hy is baie SLIM

  • 1 Kor 14:26,31

… Elke keer as julle BYMEKAAR kom, het elkeen gewoonlik ‘n BYDRAE om te lewer … sodat almal daaruit kan leer en almal BEMOEDIG kan word.

  • Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
  • Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  1. Kyk na die drie redes hoekom ons SAAM moet wees. Dink aan nog redes hoekom dit beter is om SAAM te wees?
  • Wat beteken hierdie SAAM wees in ‘n Konneksie Groep vir jou?
  • Wat is die voordele van SAAM wees in ‘n Konneksie Groep?
  • Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Beter SAAM”.

1. Maak hierdie week tyd om tyd te spandeer SAAM met iemand wat jy lanklaas gesien het. Indien die persoon ver bly, kantak die persoon.

2. Dink aan iemand in jou Konneksie Groep hierdie week en kyk of jy tyd SAAM met hierdie persoon kan spandeer. Gesels met hierdie persoon oor hoekom dit so wonderlik is om SAAM met hom/haar in ‘n Konneksie Groep te wees.

3. Bid gereeld hierdie week vir hierdie persoon in jou Konneksie Groep.