Saam Deel 3 – Gerhard Dalton
10 Julie 2022
Ps 133:1 – Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers(familie) ook saamwoon!
Ps 133:2 – Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.
Ps 133:3 … want daar gebied die Here die seën, die lewe tot in ewigheid!
1 Kor 11:3 – Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
Neh 4:11 (NLV) – “Boonop sê ons vyande: ‘Voordat hulle besef wat gebeur, is ons tussen hulle. Dan maak ons hulle dood en bring ’n einde aan die bouery.’”
Neh 4:13 – Ek het toe wagte agter die laagste dele van die muur geplaas waar daar oop gedeeltes was. Ek het ook mense by die families laat wagstaan, gewapen met swaarde, spiese en boë.
Matt 7:24-25 – Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie want sy fondament was op die rots
Matt 7:26-27 – En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Spr 24:3-4 (DB) – ‘n Gelukkige gesinslewe kom nie vanself nie. ’n Mens moet hard daarvoor werk. Dit is soos ’n huis wat jy bou. Alles moet netjies beplan word. Baie dinkwerk is nodig om dit ’n lekker plek te maak. …
1. Harde werk
2. Beplanning
3. Kennis
There are no secrets to success. It is the result of preparation, hard work and learning from failure – Colin Powell
Kol 3:18 (NLV) – Vroue, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat met Christus één is.
Kol 3:19 (NLV) – Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie.
Kol 3:20 (NLV) – Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede.
Kol 3:21 (NLV) – Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie.
Neh 4:14 (NLV) — Ek het sake dopgehou en toe die leiers, die amptenare en die res van die volk bymekaargeroep en gesê: “Moenie vir die vyand bang wees nie! Hou in gedagte dat die Here groot en vreesaanjaend is. Veg vir julle vriende, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise!”
Neh 4:20 (NLV) – As julle die trompet hoor blaas, kom vinnig by daardie punt bymekaar. Ons God sal vir ons veg!
Jos 24:15 … maar ek en my huis, ons sal die Here dien.