Week 1: 4-10 Julie 2021
Henriette Barnard
SO VOL SOOS WAT EK LEEG IS
Ef 1:17-21 … Ek bid dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie al die eer toekom, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom aan sy regterhand laat sit het: hoog bo alle bose magte en enige ander vorm van
gesag waarvan daar sprake mag wees …
Ef 3:16-19 … Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowige te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Gebed van Paulus in Ef 1:17-21 en Ef 3:16-19
3. Kyk: Kyk na die video deur Henriette Barnard
4. Gesels: Volgens Romeine 12:1-2 moet daar ‘n vernuwing in ons denke plaasvind.
1) Hoe moet my denke verander?
2) Waarom moet my denke verander?
3) Wat gebeur in my en met my wanneer my denke vernuwe word?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Hierdie week: Lees die gebed van Paulus elke dag en vra die Heilige Gees om jou elke dag te help om:
● Die wêreld om jou raak te sien.
● Die wêreld om jou raak te sien vanuit God se oë.
● Jou eie lewe vanuit God se oë raak te sien.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church