Word and Life Church

Ons Het Drie Ankers: Die Kruis, Die Graf en Die Troon.


Here, help my sterk staan
Here my God,
Ek is moeg gestry,
moeg vasgebyt,
moeg van sterk wees!
Help my:
Regop staan in die stryd,
Sterk staan op die Rots,
Moedig wees in my pyn,
Boontoe kyk in my bang.
Hou my stewig geanker,
teen die storms van die lewe.
Maak my ‘n rotsvaste kind.
Ja, maak my waarlik sterk

 

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed.Lees: 

Heb 6:19 Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.

Heb 6:19 (Amp) This hope [this confident assurance] we have as an anchor of the soul [it cannot slip and it cannot break down under whatever pressure bears upon it]—a safe and steadfast hope that enters within the veil [of the heavenly temple, that most Holy Place in which the very presence of God dwells]

Gesels oor die volgende:

  • Die drie ankers:
    • Die Kruis    – Die wese van die kruis is LIEFDE
    • Die Graf    – Die wese van die graf is ONDERSKEIDING
    • Die Troon    – Die wese van die troon is VOLEINDIGING
    • Wat beteken hierdie drie ankers vir jou?
  • Die sirkel van die dood: Vrees → Werke → Straf.
  • Hoe kan ons heers oor hierdie drie verdedigingsmeganismes?
  • Die sirkel van die lewe: Geloof → Genade → Liefde.
  • Hoe kan ons groei in hierdie drie waardes?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of maak jou eie playlist op YouTube.

Werke en vrae

  • Selfs in hierdie wankelende wêreld kan ons rotsvas en sterk staan. Wat het jy nodig om sterk te bly staan?
  • Hoe kan ek die mense om my help om sterk te staan?