Staan Sterk – Week 3: 29 Nov – 05 Des 2020

Week 3: 29 November-5 Desember 2020

Staan Sterk-Renaldo Barnard 

 Staan Sterk in Sy Genade

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

1 Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie … (Selfregverdiging) … maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms (genade) gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Gesels oor die volgende:

  • Vertel die storie in Joshua 6 en 7 van Israel wat Jerigo inneem, maar nie Ai inbesit kan neem nie. 
  • Akan neem van die goud en silwer voorwerpe en gaan begrawe dit in sy tent. Alles wat in Jerigo was moes verbrand word. Jerigo en alles in hom was ‘n offer aan God. Alles wat na Jerigo verower word was vir die mense van Israel. 
  • Hoekom dink jy het Akan gedoen wat verkeerd was? 
  • Wat was sy straf omdat hy ongehoorsaam aan God was? 
  • Wat gebeur met ons wanneer ons ongehoorsaam aan God is?
  • Wat gebeur wanneer God genade aan ons bewys?
  • Wat beteken genade vir jou?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Bid saam as Groep vir Vriende of familie wat nog nie God se genade vir hulle ervaar het nie. Bid dat in hierdie feestyd hulle met God se genade gekonfronteer word en dat hulle ‘n beluit sal neem om God se genade, vir hulle, toe te laat in hulle lewens en dat hulle nie meer ‘n pad van selfregverdiging sal loop nie.