Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed.
  2. Lees: 
  • Jos 24:15 DB …Wat my en my gesin (Geestelike familie) betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.
  •  Jos 24:19a bereid is om die Here voluit te dien…besluit…
  • Joh 15:2 NLV…Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af. Elkeen wat egter vrugte oplewer, snoei Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra.

Vier Waardes: Groei, Konneksie, Dien en Deel

Konneksie:  Joh 15:12…Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het.

Drie Beginsels van Konneksie:

  1. Joh 15:13…Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende (Geestelike Familie).
  2. Joh 15:16…Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou.
  3. Joh 15:15…Julle noem Ek…vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik

Missie:

  • Efe 4:12…om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.
  • Efe 4:14…Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie.
  • Efe 4:15terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees.
  • Efe 4:16…Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.
  • Gen 4:9…Daarna vra die Here vir Kain: “Waar is Abel jou broer?” “Ek weet nie!” is sy skerp antwoord. “Ek is mos nie sy oppasser nie!”
  1. Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
  2. Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  1. Hoekom is die belangrik om in KONNEKSIE met ander mense te lewe?
  1. Wat geniet jy die meeste van jou Konneksiegroep?
  1. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

 Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 Werke en vrae:

 Dink aan die woorde: “Sy Huis, Sy Reëls”.

  1. Maak tyd hierdie week en dink aan almal in jou Konneksiegroep. Bid vir elkeen van hulle.
  2. Vra die Vader om homself aan elkeen van jou Konneksiegroeplede te openbaar in hierdie week.