Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

  • Jos 24:15 DB…Wat my en my gesin (Geestelike familie) betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.
  • Jos 24:19abereid is om die Here voluit te dien…besluit…
  • Rom 12:5 NLV…Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind ishoort ons saam en het ons mekaar nodig.

Vier Waardes: Groei, Konneksie, Dien en Deel

Dien:

  • Gal 5:13 (53)…Want julle is tot vryheid geroep…gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
  • Mark 10:45Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee…vir baie.
  • Joh 12:26 NLV…Iemand wat in my diens wil staan, moet My aanhou volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand in my diens staan, sal die Vader aan hom eer betoon
  • Hand 20:35 NLV…In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werkOnthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.
  • Matt 5:16 (53)…Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
  • Rom 7:6 (83)… ons (is) vrygemaak van die wet… Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees…
  • Rom 12:11 NLVMoenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.

Aksie: 

1 Pet 4:10 NLV…God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. 

  1. Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
  1. Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  1. Hoekom is die belangrik om ander mense te DIEN?
  1. Gesels oor 1 Pet 4:10. Hoe kan julle as Konneksiegroep mekaar en die mense om julle beter DIEN?
  1. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

 Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Sy Huis, Sy Reëls”.

  1. Maak tyd hierdie week en dink aan almal in jou Konneksiegroep. Bid vir elkeen van hulle. Hoe kan jy een of twee van hulle DIEN in hierdie week?
  2. Hoe kan jy die mense om jou en in jou gemeenskap DIEN in hierdie week?