Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Jos 24:15 (DB)
… wat my en my gesin (GEESTELIKE FAMILIE) betref ons het ons keuse gemaak, ons gaan die HERE DIEN..
- Jos 24:15a (DB)
… BEREID is om die Here VOLUIT te dien … BESLUIT …
- Joh 9:25
… Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
- Jes 52:7
Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep, wat aan Sion sê: JOU GOD IS KONING!
- Rom 10:13
… elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
- Rom 10:14
Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
- Mark 16:15
En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie (goeie nuus) aan die ganse mensdom.
- 2 Tim 4:2(a)
verkondig die woord, hou aan tydig en ontydig …
- 2 Tim 4:5
Maar wees jy nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.
- Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Morne Kruger
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Hoekom is die belangrik om die Evangelie met ander mense te DEEL?
- Gesels oor 2 Tim 4:2-5. Hoe kan julle as Konneksiegroep die Evangelie met die mense om julle beter DEEL?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Sy Huis, Sy Reëls”.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan al die mense rondom jou; Jou Familie, Jou Vriende, Jou Werkmense, Jou Bure, sommer ALMAL om jou. Bid vir elkeen van hulle.
2. Hoe kan jy die Evangelie met een of twee van hulle DEEL in hierdie week?