Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Jos 24:15 (DB)
… Wat my en my gesin (GEESTELIKE FAMILIE) betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die HERE DIEN.
Vier Waardes: Groei, Konneksie, Dien en Deel
- Groei :
Joh 15:4 (NLV)
Julle moet aan My VERBONDE BLY soos Ek aan julle …
- Konneksie:
Joh 15:16 (NLV)
… Dit is nie julle wat My UITGEKIES het nie, maar Ek wat julle UITGEKIES het om julle in staat te stel om te gaan VRUGTE DRA, vrugte wat sal hou.
- Dien:
Gal 5:13 (53)
Want julle is tot VRYHEID geroep … gebruik net nie julle vryheid as ‘n AANLEIDING vir die VLEES nie, maar dien mekaar deur die LIEFDE.
- Deel:
Matt 10:8 (83)
… Julle het dit verniet (DEUR GENADE) ontvang, gee dit ook verniet.
- Visie:
Matt 5:14 (NLV)
… Julle (WNL) is die LIG wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie WEGGESTEEK word nie!
- Missie:
Efe 4:12 (NLV)
Om God se mense TOE TE RUS vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se LIGGAAM op te BOU.
- Strategie:
Mark 16:15 (83)
Hy het vir hulle gesê: GAAN UIT, die hele wêreld in, en VERKONDIG dieevangelie aan die hele mensdom.
Jos 24:19 (83)
Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan nie die Here (HALFHARTIG) dien nie. Hy is ‘n HEILIGE God, Hy is ‘n God wat ONVERDEELDE trou eis …
Jos 24:24 NLV
En die volk sê vir Josua: “Ons sal die Here ons God DIEN, ons sal na Hom LUISTER.”
- Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Gesels oor Woord en Lewe se Vier Waardes.
- Gesels oor Woord en Lewe se Visie, Missie en Strategie.
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Sy Huis, Sy Reëls”.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan jou plek in die Woord en Lewe Familie; Wat dink jy is jou plek in die familie?
2. Hoe kan jy Woord en Lewe se Visie, Missie en Waardes uitleef hierdie week?