“Maar selfs nou,” spreek die Here, “bekeer julle tot My met julle hele hart, met vas, met geween en met rouklag;
Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.
Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Vertel van ‘n keer toe jy geVAS het. Het daar vir jou uitkoms gekom?
Wat gebeur met jou Liggaam, Siel en Gees wanneer jy VAS?
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees: Kerntekse vir vandag
“Maar selfs nou,” spreek die Here, “bekeer julle tot My met julle hele hart, met vas, met geween en met rouklag;
“Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: om die bande van goddeloosheid los te maak, om die stroppe van die juk af te haal, om die verdruktes vry te laat gaan en elke juk te breek?
Toe ek geween en my siel deur vas verootmoedig het, het dit my smaad geword.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Die “Geheime Bron” van Krag: Sekere geestelike deurbrake kan net gebeur wanneer ons VAS, deurbrake soos: Genesing, finansiële verligting en die oorkoming van verslawing – Hierdie kan slegs plaasvind deur die kombinasie van gebed en vas.
Die “NEE Spier”: Vas word beskryf as die oefening van ‘n “NEE spier”. Deur nee te sê vir die sterkste fisiese aptyte, verkry ‘n gelowige die geestelike wilskrag om nee te sê vir versoeking en die vlees.
Goddelike Vennootskap: Vas is ‘n manier om in die geestelike realm te “stem” en met God saam te werk om seëninge in jou lewe en gesin vry te stel.
Fokus bo Onthouding: Vas sonder gebed is bloot “honger ly”. Die doel is om fisiese voedsel te vervang met “Lewende Brood” – die Woord van God en aanbidding.
Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:
Hoe wil God hê moet ons VAS?
Hoekom veroorsaak VAS dat ons Siel en Gees vesterk word?
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
a) Vertel van ‘n keer toe jy geVAS het. Het daar vir jou uitkoms gekom? b) Wat gebeur met jou Liggaam, Siel en Gees wanneer jy VAS?
Vra die Here om vir jou te wys waarvoor of vir wie jy hierdie week moet VAS.
Kyk na die week wat voorlê. Hoe kan jy VAS in jou week inbring en hoe kan jy meer tyd in die week maak om met God kontak te maak?