Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Weeklikse Gesprekke  /  Ware Liefde

Ware LiefdeDeel 6

Kernteks

“help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” Rom 12:13-14 (Week 6)

Ware Liefde

Konneksiegroep:

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.

Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.

Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

1

Welkom

Verwelkom

Verwelkom elke groepslid

Ysbreker

Deel ‘n STORIE uit jou eie lewe: Gesels oor ‘n moeilike tydperk in jou lewe en hoe jy hierdie TYDPERK hanteer het.

2

Woord

Gebed

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: Kerntekse vir vandag

Kernteks

“help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” Rom 12:13-14 (Week 6)

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Gesels saam

Woorde het baie krag. Woorde kan seermaak of woorde kan genees. God het vir ons die vermoeë gegee om te kan dink. Ons moet dink voor ons praat, ons moet dink oor die Woorde wat ons wil gebruik wanneer ons met iemand praat. Woorde van Seën kom gewoonlik maklik wanneer iemand vir ons mooi, opbouende woorde gee. Maar wat doen ons wanneer iemand vir ons afbrekende woorde gee? In Rom 12:14 sê die Bybel dat ons woorde van Seën moet spreek, selfs wanneer iemand ons Vervloek. Tydens so ‘n situasie kan ons dalk onsself regverdig en ook Veroordelende woorde vir die persoon wat ons vervloek terug gee, maar Rom 12:14 vra vir ons om te Dink in hierdie situasie en ons antwoord vir so persoon in ‘n Seën te verander.

Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:

a

Hoe kan jy Seën oor iemand spreek wat jou Vervloek?

b

Hoe bly jy geduldig en kalm in so ‘n situasie?

c

Wat gebeur wanneer jy iemand Seën wat jou Vervloek?

Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Aanbidding
3

Werke en vrae

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep

Onbeperk 24 – Ware Liefde.

As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.

Gebruik die woorde: “ware liefde” as jou vertrek punt.

Hoe kan jy hierdie week Ware Liefde uitoefen deur woorde VAN seën oor die mense om jou te spreek?

Vir wie moet jy hierdie week bid, wat woorde VAN seën nodig het?