Woedend

Week 1: 29 Augustus-4 September 2021Gerhard Dalton

Welkom

Woord

1. Gebed: Open met gebed. 

2. Lees:  2 Kon 5:9-19 (NLV) 

  • Luk 4:28 (NV) Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor.
  • 2 Kon 5:1 (NLV) Naäman was die koning van Aram se bevelvoerder van die leër. Hy was ’n belangrike man en hoog in aansien by die koning, want die Here het deur hom groot oorwinnings aan Aram gegee. Hoewel Naäman ’n magtige krygsman was, was hy melaats.
  • Jak 1:19-20 (NLV) My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie.
  • 2 Kon 5:12 (NLV) Is die Abana (Gebou van steen gemaak)en Parpar(om vrug voort te bring) van Damaskus nie beter riviere as al die riviere van Israel saam nie? Hoekom kan ek my nie in een van hulle gaan was en so gesond word nie?” Naäman het toe omgedraai en in woede weggegaan.
  • Kol 3:8 (NLV) Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek. Vuil taal moenie uit julle mond kom nie.
  • Ef 4:26a (NLV) Moenie sondig as jy kwaad word nie …
  • Pred 7:9 (NV) Moenie gou kwaad word nie: dit is ‘n dwaas wat gou kwaad word. 

3. Kyk na die video deur Gerhard Dalton

4. Gesels: 

  1. Wat maak jou woedend?  
  2. Wat is God se siening oor woede? 
  3. Wat moet jy doen wanneer jy woedend word?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae vir hierdie week:

Dink aan die storie van Naäman: 

  • Vra jouself hierdie vraag: “Wat moet ek doen met my woede?” 
  • Gesels met God oor jou woede.
  • Vra God om jou te help met jou woede. Gee jou woede vir Hom.