Week 1: 4-10 Okt 2020

Praygrance – Raymond Nell  

 Die Gebed van Jabes. Wat is die naam wat God jou gee?

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

Jabes se Gebed:

1 Kronieke 4:9-10

Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”

Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.”

God het laat gebeur wat hy gevra het.

  1. Kyk: Kyk na die video oor die gebed van Jabes deur Raymond Nell
  1. Gesels oor die volgende vrae:
  • Weet jy wat jou naam beteken? Indien wel gesels met die groep oor die betekenis van jou naam. 
  • Ons kry baie kere name of etikette by ander mense. Ten spyte van Jabes se naam en die etikette wat ander vir hom gegee het, het hy tog hierdie besonderse gebed gebid. Interessant, hy bid nie dat sy naam verander nie, maar hy bid vir die volgende vyf dinge (Gesels bietjie oor elkeen en hoekom hy spesifiek vir hierdie vyf dinge bid):
  1. “Stort U seen uit oor my”
  2. “Vergroot my grondgebied”
  3. “Hou U hand oor my”(Ander vertalings)
  4. “Weerhou die onheil”
  5. “Dat geen smart my tref nie”

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • ‘n Hierdie kommende week maak ‘n tyd om met God te gesels oor die name of etikette wat ander vir jou gegee het. Bid dan die gebed van Jabes en vra vir dieselfde seëninge waarvoor hy gevra het.  
  • Bid as groep die gebed van Jabes oor elke groeplid.