Wêreld in Sy Hande – Vinger in Sy Hand
Hou God nog hierdie “deurmekaar” wêreld in Sy Hande? Jesus se uitnodiging aan ons is om ons vinger in Sy hand te plaas wanneer ons twyfel of ongeloof ervaar.
Jes 40:12 (NLV) Wie anders het die oseane in sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? …
Jes 48:13 (DB) Ek het met my eie hand die fondamente van die aarde gelê. Ek het met my regterhand die hemelkoepel gespan …
Welkom
Woord
Alhoewel die skrywer van die evangelie van Johannes baie sterk standpunt inneem rondom geloof en ongeloof, vertel hy tog die storie van Tomas. Tomas praat drie keer in die boek Johannes. Ons sien hoe Tomas se twyfel na ongeloof lei, maar ons sien ook hoe Jesus Tomas ontmoet in sy ongeloof en hoe Tomas weer sy geloof in Jesus bevestig. Tomas sterf as martelaar in Indië. Hy was die eerste sendeling wat die geloof in Jesus Indië toe gevat het.
Gesels bietjie oor die volgende vrae:
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church