Week 1: JONA, WAAR IS JY?

Week 1: JONA, WAAR IS JY?
Renaldo Barnard (15-21 August 2021)

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/


Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Jona 1
● Jona 1:2 Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien.
● Jona 1:3 Maar Jona het in die teenoorgestelde rigting gegaan om van die Here af weg te kom…
● Jona 1:4 “… Daar het ’n hewige storm ontstaan en gedreig om die skip te laat sink.”
● Jona 1:5 “… Terwyl dit alles gebeur het, het Jona afgegaan … en daar gelê en geslaap.”
● Jona 1:6 “… vir hom geskreeu: “Hoe kan jy in sulke omstandighede slaap? Staan op en bid tot jou god! …”
● Jona 1:12 Jona het hulle geantwoord: “Gooi my in die see en dit sal kalm word. Ek weet ék is die oorsaak van hierdie groot storm.
● Mark 4:39 Jesus het opgestaan, die stormwind ernstig aangespreek en vir die see gesê: “Bedaar! Word kalm!” Toe het die wind gaan lê en daar het ’n groot rustigheid gekom.
3. Kyk na die video deur Renaldo Barnard
4. Gesels:
1) Indien God jou vandag sou vra: “Waar is jy?” Wat sal jou antwoord wees?
2) Hoekom dink jy kry ons storms op ons lewensreis?


Worship – Aanbiddinghttps://woordenlewe.com/connect-worship/Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.


Werke en vrae
Hierdie Week: Dink aan die storm waarin ons werêld op die oomblik in is:
● Vra jouself hierdie vraag: “Hoe lyk jou hart in hierdie tyd van storms?”
● Wat dink jy is God se woorde aan jou in hierdie tyd?