Ef 1:17-21 “Ek vra God, ons wonderlike en groot Vader, die God van ons Here Jesus Christus, om deur sy Gees vir julle die kennis te gee wat julle nodig het om in hierdie lewereg op te tree. Ek vra ook dat julle Hom al hoe beter sal leer ken deur alles wat Hy vir julle sal duidelik maak. Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat Hy julle na Hom toe geroep het. God gaan vir julle, as sy spesiale kinders, gee wat Syne is. Hy gaan julle skatryk maak. Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan en vir Hom die belangrikste plek in die hemel gegee het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. Nou regeer Jesus natuurlik oor al wat mag of regeerder of koning is. Niemand, ek herhaal, niemand en niks sal ooit belangriker of sterker as Jesus kan wees nie; nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.”
Ef 3:16-19 “Ek bid dat God, wat so wonderlik en sterk is, deur sy Gees vir julle die krag sal gee wat julle nodig het om geestelik julle man te kan staan. So sal Christus deel van julle lewens word omdat julle op Hom vertrou. Julle lewens sal gebou wees op liefde. Deur ander met liefde te behandel sal julle lewens die vastigheid kry wat julle nodig het. Ek bid ook dat julle, saam met al die ander Christene, sal kan ervaar hoe lief Christus ons regtig het. Sy liefde kan ons nie met woorde beskryf nie: dit is te groot en wonderlik. G’n mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie, want dit is baie groter as wat ons as mense is. Maar ek bid tog
dat julle so ’n ietsie daarvan sal snap. Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie.”
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Gebed van Paulus in Ef 1:17-21 en Ef 3:16-19
3. Kyk: Kyk na die video deur Henriette Barnard
4. Gesels: Ons Vader is ‘n voorstander vir vernuwing en verandering.
1) Hoekom moet ek daagliks vernuwe word?
2) Hoe word ek vernuwe?
3) Hoekom is verandering goed vir my?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Hierdie week: Lees die bostaande gebed elke dag en vra die Heilige Gees om jou elke dag te help om:
1) Daagliks verander te word na die beeld van Christus.
2) Nuut elke dag na die wêreld om jou te kyk.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church