Believe Jesus, Speak Jesus, Live Jesus

Week 2: 13-19 September 2020

Wêreld in Sy Hande – Gegraveer in Sy Hande 

 Gerhard Dalton

God hou nogsteeds die wêreld in Sy hande. Nie net hou Hy die hele aarde in Sy hande nie, Hy hou ons ook in Sy hande. Ons name is in Sy hande gegraveer en Hy ken ons.

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Vra iemand in die groep om die volgende te lees: 

  • Jes 49:16(NV) Ek het jou naam in my handpalms gegraveer … 
  • Ps 139:13 (DB) Here, U het my tot in die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het U my gevorm. 
  • Ps 139:14 (DB) Ek wil U prys omdat U my so volmaak geskep het. U doen wonderlike werk. Ek weet dat U groot dinge kan doen

Kyk:  CONNECT Groep video met vanaand se tema. 

Gesels: Elkeen van ons het ‘n unieke naam, God ken nie net jou naam nie, Hy het jou naam in Sy hande gegraveer.

 

Bespreek die volgende vrae:

  • Gesels bietjie oor jou naam, weet jy wat jou naam beteken? 
  • Weet jy hoekom jy hierdie unieke en spesifieke naam het?
  • Hoekom graveer God ons name in Sy hande?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • Hoekom voel ons soms so waardeloos as die vers sê dat jou Naam is in Sy hand gegraveer?
  • Mag die boodskap jou die week optel om te weet jy is belangrik en kosbaar vir God. En die tattoo in Sy hand bewys dit. Hy het nie net jou lewe in Sy hand maar ook die wereld. 
  • Bid saam.