Desperaat – PLAN
“Jesus teaches us that we can learn even from dishonest people who are smart! It would be
great if all true believers were as clever in spiritual matters as these crooks are in plying their
trade. The manager adapts quickly to a crisis and so should we especially in these pandemic days.”- Warner D’Souza
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Oneerlike Bestuurder – Lukas 16:1-9
Lukas 16:8 “Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding
wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die
mense van die lig.”
Lukas 16:4 “Die man kry toe ’n plan: ‘Ja, nou weet ek! Ek gaan ten minste sorg dat
ek op goeie voet bly met al die sakemanne wat nog aan my baas geld skuld. Dalk het
een van hulle vir my ’n werk.”
Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie
teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”
3. Kyk: Kyk na die video deur Raymond Nell
4. Gesels: Oor die gelykenis van die Oneerlike Bestuur – Lukas 16:1-9
Oor die volgende vier weke gaan ons gesels oor hierdie gelykenis. Daar is vier
bewegings wat na vore kom vanuit hierdie gelykenis: Ontwaking, Plan, Beweging,
Uitkoms. Vanaand gesels ons oor: PLAN.
● Gesels oor die SMART manier om jou plan te formuleer:
– S – Spesifiek
– M – Meetbaar
– A – “Achievable”
– T – Tydlyn
● Gesels ook oor die die tydsdeur van ‘n plan:
– Langtermyn – 12 x 12
– Mediumtermyn – 6 x 6
– Korttermyn – 3 x 3
● Wat nog kan ek doen om ‘n plan te formuleer?
● Wie is die regte persone met wie ek kan gesels oor my plan?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf
is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
● Julle Connect Groep het ook ’n plan nodig: Waarheen is julle as groep oppad? Hoe
gaan julle daar uitkom? Gesels oor die plan wat julle ervaar God oor julle as Connect
Groep bedink.
● Skryf nou hierdie plan neer en as groep gesels weekliks oor hierdie plan en evalueer
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church