Believe Jesus, Speak Jesus, Live Jesus

Week 2: 27 Sept – 03Okt

Week 1: 20-26 September 2020

Nou weet ek – Ronnie Barnard 

 Ons moet dit weet, God het ons eerste liefgehad.

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: Gen 22:12 … Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.”

Gesels oor die volgende vrae:

  • God het ons so lief. Hy gee Sy enigste seun uit liefde vir ons. Ons is nou seuns en dogters van ‘n lewende God. As ouer – wat sal jy alles uit liefde vir jou kinders doen? As vriend/vriendin – wat is jy bereid om uit liefde vir ‘n naby vriend/vriendin te doen?
  • Ons almal twyfel soms oor God se liefde vir ons, wat kan ons doen om onsself te verseker van Sy liefde vir ons? 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • Bid vir familie, vriende, bure en mense om julle wat nog nie God se liefde aanvaar het nie. 
  • Maak ‘n lysie van mense waarmee julle hierdie week kan gesels oor God se liefde.