KINDERS VAN DIE BELOFTE
Week 2: 28 Februarie – 6 Maart 2021 Gerhard Dalton
Rom 9:8 “… it is not the children by physical descent who are God’s children, but it is the children of the promise who are regarded as … offspring.”
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Handelinge 8:26-40
Die Verhaal van Fillipus en die Etiopiëse Hofdienaar
“Filippus het van ver af gesien hoe hy op sy wa sit en lees. Hy was besig om hardop uit die profeet Jesaja te lees. Die Heilige Gees sê toe vir Filippus: “Gaan na daardie man toe. Klim by hom op sy wa.” Filippus het vinnig nader gehardloop en gehoor hoe die amptenaar uit die profeet Jesaja sit en lees. “Verskoon tog, Meneer, maar verstaan jy wat jy daar lees?” het hy hom gevra. “Nee, want ek het niemand om vir my te verduidelik wat dit alles beteken nie,” het die Etiopiër geantwoord. “Maar wag, klim hier langs my op die wa. Dalk kan jy my help,” het hy vir Filippus gesê. Filippus sien toe dat hy besig was om die volgende verse uit Jesaja te lees: “Hy is soos ’n skaap na die slagpale toe gevat om geslag te word. Hy is soos ’n lam wat nie ’n geluid maak wanneer hy geskeer word nie; hy het nooit eens sy mond oopgemaak nie. Die mense het hom verneder. Hy is glad nie regverdig verhoor nie. Hulle het hom doodgemaak. Wie sal nou as sy nageslag beskou word?” Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Sê my, oor wie skryf die profeet hier?” Filippus het dadelik begin om uit hierdie teksgedeelte met die Etiopiër oor Jesus te praat. ’n Rukkie later ry hulle by ’n waterstroom verby. Toe die Etiopiër dit sien, sê hy: “Kyk, hier is water. Hoekom kan ek nie sommer hier gedoop word nie?” Dadelik het hy die wa tot stilstand gebring en saam met Filippus die water ingestap, waar hy deur Filippus gedoop is.
Toe hulle twee daarna uit die water kom, het die Heilige Gees skielik vir Filippus kom wegvat. Die Etiopiër kon hom nie meer sien nie. Maar hy het glad nie omgegee nie, want hy was verskriklik bly oor wat met hom gebeur het. Sy lewe was nou splinternuut omdat hy die goeie nuus oor Jesus geglo het.”
3. Kyk: Kyk na die video deur Gerhard Dalton
4. Gesels:
● Gesels oor die verhaal van die Etiopiëse Hofdienaar.
● Hoekom het hy gevra om gedoop te word?
● Hoe maak die doop my ‘n Kind van die Belofte?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.
Werke en vrae
Deel as CONNECT groep met mekaar:
● Wat dink jy is die spesifieke visie wat God vir jou as kind van die belofte het?
● Gesels ook oor die spesifieke visie wat God vir julle Connect Groep as
Kinders van die Belofte het.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church