Week 2: 4 – 18 Augustus 2021

Week 2: 8-14 August 2021
Mornè Kruger
DIESELFDE

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Markus 6:45-52
● Ps 37:23 Deur die Here word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.
● Ps 37:24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die Here ondersteun sy hand.
● Ps 37:25 Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
● Deut 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.
● Ps 23:3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
● Ps 121:3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimernie.
● Ps 121:4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
● Ps 121:5 Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
● Fil 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry …
● Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
3. Kyk na die video deur Mornè Kruger
4. Gesels:
1) Hoe hanteer ek vrees as kind van God?
2) Hoe hanteer ek spanning as kind van God?
3) Wat maak my anders as almal om my?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.


Werke en vrae
Hierdie week:
● Dink aan die werêld om jou.
● Dink aan alles wat nou om jou gebeur.
● Dink aan die spanning en vrese in die mense om jou.
● Dank God dat alhoewel ons in dieselfde werêld is ons nie van hierdie werêld is nie, maar ons is deel van Sy werêld.
● Bid vir die mense om jou.