Week 2: 8-14 November 2020

Finishing Strong – Raymond Nell  

  “You can’t go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending.” ― C.S. Lewis.

“Finishing is better than starting. Patience is better than pride.”                                   – Ecclesiastes 7:8 (NLT)

Welkom

WoordGebed: Open met gebed. 

Lees: Johannes Markus

Hand 13:13 “Paulus en sy reisgenote het met ‘n skip van Pafos af vertrek en by Perge in Pamfilië aangekom. Daar het Johannes hulle verlaat en na Jerusalem toe teruggegaan.

Kyk die video deur Raymond Nell

Gesels oor die verhaal van Johannes Markus.

Hy verlaat Paulus en Barnabas met verreikende gevolge. Hy veroorsaak dat Paulus en Barnabas besluit om eerder uitmekaar te gaan en elkeen op sy eie sendingreis te gaan.

  • Indien jy gemaklik is daarmee: Deel jou storie oor ‘n keer wat jy vir jouself moeilikheid veroorsaak het.
  • Ons sien egter dat Johannes Markus drie dinge doen nadat hy Paulus en Barnabas verlaat het.
  • Hy staan weer op en skep moed
  • Hy vra vir vergifnis
  • Hy word gementor deur Petrus en Barnabas

Gesels bietjie oor hierdie drie aksies wat Johannes Markus gedoen het om hom te help om terug te keer na die sendingveld asook hom gehelp het om sterk te eindig. 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of maak jou eie playlist op YouTube.

Werke en vrae

  • Julle Connect Groep is ook ‘n “Sending Organisasie”. Bid hierdie week vir elke Groepslid. Probeer vasstel wat elke lid se rol in die groep is en hoe elke lid ’n impak in die groep asook in die “Sendingveld” kan maak.