Believe Jesus, Speak Jesus, Live Jesus

Week 3: 20 – 26 September 2020

Wêreld in Sy Hande – ‘n Verkorte Hand 

 Morne Kruger

God hou nogsteeds die wêreld in Sy hande. Nie net hou Hy die hele aarde in Sy hande nie, Hy hou ons ook in Sy hande. Tog voel dit vir ons of Sy hand bietjie kort geword het en Hy nie meer kan help nie.

Welkom

 

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: Num 23:11 (Amp) The Lord said to Moses, “Is the Lord’s hand (ability, power) limited (short, inadequate)? You shall see now whether My word will come to pass for you or not.” 

Kyk: Kyk nou as CONNECT Groep na die kort video met vanaand se tema. 

Gesels: Ons almal vind onsself soms op ‘n plek waar Moses homself bevind het. Ons bevraagteken God. God praat met Moses en Hy bemoedig hom met die woorde in Num 23:11 Hy sê vir Moses dat Sy hand nie te kort geword het nie en dat Moses net moet terugstaan en aanskou wat Hy gaan doen.

Bespreek die volgende vrae:

  • Indien jy gemaklik voel daarmee, gesels oor ‘n tyd of ervaring toe jy soos Moses ook gewonder het of God naby is en of God jou wel hoor?
  • Wat beteken die woorde; “My hand het nie kort geword nie” vir jou?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • Hoe kan jy hierdie woorde; “My hand het nie kort geword nie” met ander deel gedurende hierdie week?
  • Bid saam vir familie of vriende wat huidiglik “God met kort hande ervaar”.