Week 3: 25 April-1 Mei 2021
John Jerome
CONNECT TO POWER – Filippense 3
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Filippense 3:12-18
“Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee. In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel. Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe.”
3. Kyk: Kyk na die video deur John Jerome
4. Gesels oor die drie standpunte hieronder:
1) Om as Christen te groei het ek nodig om in die resies te wees.
2) Om as Christen te groei het ek die regte houding nodig.
3) Om as Christen te groei moet ek my alles gee.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Gedurende die volgende week, dink aan maniere hoe jy as Christen meer kan groei deur na die voorskrifte aan die Fillipense Kerk te luister.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church