Week 3: 3 Februarie 2021 Raymond Nell
Desperaat-BEWEGING
“Jesus teaches us that we can learn even from dishonest people who are smart! It would be great if all true believers were as clever in spiritual matters as these crooks are in plying their trade. The manager adapts quickly to a crisis and so should we especially in these pandemic days.”-Warner D’Souza
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Oneerlike Bestuurder – Lukas 16:1-9
Lukas 16:8 “Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig.”
Lukas 16:5-7 “Daar en dan het die bestuurder toe almal wat aan sy baas geld skuld, laat roep. Toe die eerste een daar opdaag, sê hy vir hom: ‘Ek sien jy betaal nie jou skuld nie. Sê my, hoeveel skuld jy aan my baas? Hy antwoord: ‘Honderd vate olyfolie.’ Toe sê hy vir hom: ‘Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.’ Daarna vra hy vir ‘n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord: ‘Honderd sak koring.’ En hy sê vir hom: ‘Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.’”
Psalm 37:23-24 “Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, wantdie Here help hom op.”
3. Kyk: Kyk na die video deur Raymond Nell
4. Gesels: Gesels oor die Gelykenis van Oneerlike Bestuurder-Lukas 16:1-9
Oor die volgende vier weke gaan ons gesels oor hierdie gelykenis. Daar is vier bewegings wat na vore kom vanuit hierdie gelykenis: Ontwaking, Plan, Beweging, Uitkoms. Vanaand gesels ons oor:
BEWEGING.
● Planne moet in beweging kom. Die enigste manier hoe ons kan weet of ‘n plan sal werk is om dit in beweging te bring.
● Wat is die eerste stap wat jy moet neem om jou plan in beweging te bring?
● Wat is die rol van die mense om jou?
● Wie is die regte persone met wie jy kan gesels oor die tree wat jy moet gee om jou plan in werking te stel?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.
Werke en vrae
● Beweging is ook baie belangrik vir elke Connect Groep sonder beweging kan die groep nie groei; sy doel bereik nie en nie vorentoe gaan nie. Hoe gaan julle daar uitkom? Gesels oor die stappe wat julle ervaar God vir julle as
Connect Groep vra om te neem.
● Skryf nou hierdie stappe (tree) neer en as groep gesels weekliks oor hierdie stappe en evalueer dit.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church