Week : 4-10 Okt 2020

Week 3: 4-10 Oktober 2020

Nou weet ek – Ronnie Barnard 

 Ons moet dit weet, God het ons eerste liefgehad.

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

Gen 22:12 … Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.” 

Vers 14 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”

  • Gesels oor die volgende:
  • Ons leer in Johannes 13 van Jesus se beste vriend, van die twaalf was Johannes Jesus se geliefde. Het jy al so ‘n beste vriend/vriendin gehad? Vertel die groep van hierdie vriend/vriendin. 
  • Liefde en geloof (ook vertroue) gaan hand aan hand, wanneer my geloof (vertroue) in iemand skade gelei het is dit moeilik om daardie persoon volkome lief te hê. Ons geloof (vertroue) in God word ook soms beproef. Kan geloof (vertroue) in God herstel word? Hoe kan ek my geloof (vertroue) in God herstel? 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • Onthou altyd dat God het ons eerste lief gehad. Hy kan nie anders as om ons lief te hê nie. Hoe kan jy hierdie week God se liefde na ander mense om jou neem? 
  • Bid vir familie, vriende, bure en mense om jou wat nog nie God se liefde aanvaar het nie. 
  • (Indien julle groep dit nog nie dit gedoen het nie) Maak ‘n lysie van mense waarmee julle hierdie week kan gesels oor God se liefde.