Week 4: 11-17 Okt 2020

Week 4: 11-17 Oktober 2020

Nou weet ek-Ronnie Barnard 

 Ons moet dit weet, God het ons eerste liefgehad.

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: Gen 22:12 … Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.” Vers 14 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”

Gesel oor die volgende:

Kom ons lees Johannes 21:15-17 

Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” Jesus vra hom weer ‘n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.” Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.

Jesus vra Petrus drie keer of hy Jesus lief het. Hoeveel keer moet Jesus ons vra of ons Hom lief het? Kan ons regtig God liefhê? 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • God het jou lief. Gesels oor ‘n tyd toe jy God se liefde onvoorwaardelik ervaar het.

Hoe kan jy hierdie week God se liefde na ander mense om jou neem?