Week 4: 14-20 Maart 2021 – Morné Kruger

KINDERS VAN DIE BELOFTE

Rom 9:8 “Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is
nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.”


Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
● Efe 4:12 “… om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.”
● Efe 4:13-16 “… totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deursluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.”

3. Kyk: Kyk na die video deur Morné Kruger
4. Gesels:
● Gesels oor Woord en Lewe Gemeente se Visie: – Matt 5:14
● Gesels oor Woord en Lewe Gemeente se Missie: – Efe 4:12-16
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.


Werke en vrae
● Gesels oor hoe jy julle Konneksie Groep se rol binne die Visie, Missie van Woord en Lewe Gemeente sien.
● Hoe kan julle as Groep julle lig skyn in die omgewing om julle?
● Wat kan julle as Groep doen om toegerus te word?
● Waar kan julle as Groep saam dien?